Dyk

'n Dyk is 'n mensgemaakte waterkeerwal wat ontwerp en gebou is om 'n gebied teen hoë water te beskerm. 'n Lae dyk word 'n kade genoem.

In Nederland is daar twee tipes dyke; die primêre keerwal en die sekondêre keerwal. Die primêre keerwal beskerm die land teen uitsonderlike hoë watertoestande, waar die water onbeheerbaar kan styg soos op die see, riviere en die Ysselmeer.

Die sekondêre keerwal, ook boesemkades genoem, beskerm die land teen binnelandse water in mere, boesems en kanale.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search